Nie almal van ons is gelukkig genoeg om ‘n lekker groot stoep of tuin te geniet vir kuiers en braaityd nie, maar dit beteken mos nie dat ons glad nie kan deelneem aan sosiale geleenthede rondom ‘n oop vuur nie. Dit is presies wat ons vandag wil bewys met hierdie 30 voorbeelde van braaiers wat spesiaal gemaak is vir klein spasies en hoekies.
Dus, beloer gerus hierdie ontwerpe (in verskillende groottes en style) en besluit watter perfek gaan werk vir jou klein(erige) stoepie, balkon of buite spasie…