​‘n Moderne huis perfek vir ‘n Suid-Afrikaanse gesin

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa MoDà: Stile e qualità senza tempo su misura curato in ogni suo dettaglio, Architetti Baggio Architetti Baggio Casas de estilo clásico
Loading admin actions …

Wat sien jy wanneer jy aan ‘n tipiese woonbuurt dink? Vars groen grasperke, fraai heinings, vriendelike bure? En wat van die huise? Dit is waar die lekker deel inkom met vandag se homify 360° ontdekking, want alhoewel hierdie huis soos ‘n moderne, netjiese familiehuis aan die buitekant lyk, is die binnekant glad nie wat mens verwag nie. 

Maar ons wil nie te veel weggee nie – nie voor jy ‘n paar foto’s gesien het nie…

‘n Netjiese ontwerp

Hoe pragtig is dit nie? Ligte klip mure, warm-oranje dak teëls, ‘n dubbelverdieping bou, en ‘n heerlike erf wat groot genoeg vir oud en jonk is. 

Hoe sal hierdie huis in jou woonbuurt pas?

Die binnekant

Wat ‘n verrassing sodra ons die binnekant sien – waar die buitekant meer rustiek was, het die argitekte en ontwerpers besluit om die huis aan die binnekant meer modern en elegant te maak.

En moenie van al die stylvolle stukkies vergeet nie, soos die hout balke aan die plafon, die klip teëls agter die televisie, die suiwerskoon styl van die sitkamer (let op dat die minimum dekor hier te sien is), ens.

‘n Oopplan uitleg

Slegs ‘n paar treë agter die rusbank tref ons die eetkamer en kombuis aan, twee spasies wat heeltemal uitstaan danksy elegante kleurskemas van wit en ligbruin. Hierdie uitleg sal mos nou ideaal wees vir ‘n moderne gesin aangesien dit kommunikasie bevorder, ongeag in watse vertrek jy jouself bevind.

Die perfekte verrassing

Wanneer laas het jy ‘n huis met sy eie wynkelder gesien? Alhoewel hierdie vertrek nie eintlik ondergrond is nie, is hy nog steeds weggesteek van die huis se oop leef areas – mens wil mos hê jou wyn versameling moet sy eie spasie geniet, of hoe? 

En kyk net watse pragtige rustieke styl geniet hierdie wynkamer – baksteen, beton, steen en hout gee almal lekker tekstuur en aardse kleure aan die spasie, en dan praat ons nie eers van daardie perfekte wynvat tafel nie.  

Indien jou droomhuis heelwat groter is, stel ons voor jy beloer Die Johannesburg huis van jou drome.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista