Indien jy, om watter rede ookal, ekstra spasie moet aanvoeg by jou huis, maar jy het nie nou die begroting (of lus) om nog ‘n vertrek aan te bou nie, wees gerus: daar is ander maniere wat jy ‘n ekstra vertrek tot jou huis kan voeg, al is dit dan nou nie aan jou huis verbind nie.
Loer gerus na hierdie voorbeelde, wat jou ook definitief minder gaan kos as om ‘n vertrek aan te bou.
Glas kan goedkoper uitwerk as baksteen, wat beteken ‘n klein sonkamertjie (of konservatorium, as jy wil) gaan jou definitief minder kos as wat jy dink.
Onthou jy nog daardie houthuisies (genoem “Wendy houses”) van kleintyd? Daar is geen rede hoekom jy nie een van hulle kan koop en omskep in ‘n ekstra vertrek in jou tuin nie.
Indien jy genoeg vertikale ruimte het, kan jy gerus daaraan dink om ‘n loft vertrek by te voeg, wat ideaal kan werk vir enigiets van ‘n TV kamer tot ‘n studeerkamer.
Soek jy ekstra kuierspasie? Wat van ‘n lekker oop stoep wat aangeheg is aan jou kombuis of sitkamer om jou huis se sosiale atmosfeer te verhoog?
Dis mos nou ‘n lieflike kombinasie van ‘n sonkamer en Wendy huisie, en kan ook perfek werk as ‘n kuierspasie, ongeag wat die weer beplan.
As jou plan is om minder gemors in jou huis te hê, is ekstra stoorspasie die antwoord, en in daardie geval stel ons hierdie netjiese skuurtjie voor wat min spasie vat – hoe sal hy agter in jou tuin lyk?
Hierdie voorbeeld is ‘n meer stylvolle (en groter) weergawe as die een in nommer 2, en ons dink nog steeds dit kan heel perfek werk vir ‘n ekstra vertrek buite jou huis.
Hoe sal hierdie houtontwerp pryk in jou agtererf?
Volgende op ons loerlysie: 17 klein tuine wat by enige huis sal pas!