​10 idees om jou huis se ingang modern te maak

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Casas de estilo minimalista
Loading admin actions …

Lus om jou huis ‘n meer moderne styl te gee? Begin by die begin: die ingang. Dis mos die heel eerste plek wat gaste gaan sien en dis ook makliker as om, byvoorbeeld, die badkamer of kombuis oor te doen. Plus, met jou ingang wat met ‘n lekker moderne styl spog kan dit jou ook inspirasie en idees vir die res van jou huis gee.

Hierso is 10 idees wat jou kan help…

1. ‘n Neutrale kleurskema is belangrik, soos gryse, bruine en wit. Dit werk ook lieflik saam met die groen van plante.

2. Moenie van tekstuur vergeet nie, soos hout, metaal en klip.

ACCESO HAUZ-ARQ Casas modernas: Ideas, diseños y decoración

3. Die manier wat jy materiale kombineer maak ‘n verskil – kyk hoe modern word hierdie ingang danksy die staal en beton afwerkings.

4. ‘n Bruggie ingang oor water is die toppunt van moderne style, veral as LED beligting betrokke is.

5. Moenie dink klip is net vir rustieke ontwerpe bedoel nie – die houtdeur met sy gladde afwerking maak ‘n groot verskil hier.

Provenza L21, Arki3d Arki3d Casas modernas: Ideas, diseños y decoración

6. Nog ‘n voorbeeld van hoe steen ‘n unieke moderne voorkoms kan geniet – maak net seker dit het nie ‘n te-rou afwerking nie.

7. Wie’t gesê ‘n afdak is die enige uitweg om jou moderne voorstoep mooi beskut te maak?

homify Casas de estilo minimalista

8. ‘n Ekstra-lang muur ontwerp wat jou voordeur aandui word ook vir menigte moderne huise gebruik.

9. Alhoewel die kleurskema neutral moet wees, kan jy nog steeds ‘n treffende skakering iewers inbring, soos hierdie warm pienk bewys.

homify Casas de estilo escandinavo

10. Niks is meer modern as ‘n glas- of metaaldeur nie, veral nie een met ‘n staal deurhandvatsel nie.

Van buite na binne, sien gerus hierdie 7 gewoontes om jou huis skoon te hou.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista