​7 agtererf idees vir hierdie somer

Johannes van Graan Johannes van Graan
Ph con Parra, Pop Arq Pop Arq Jardines de estilo minimalista
Loading admin actions …

Dié van ons wat ‘n ruim stoeptuin, erf of balkon tuis het is beslis bevoorreg, aangesien daardie spasie soveel potensiaal bied – nie net vir mooimaak aktiwiteite en dekorstukke nie, maar ook wanneer dit kom by ontspan en sosiaal verkeer. En met die somer hier, is ontspanning en sosialisering mos deel van die plan!

Kom ons beloer 7 maniere hoe jou aftererf net so bietjie ekstra spesiaal gemaak kan word hierdie somer…

1. Gee daardie outydse kroeg/toonbank bietjie styl, kleur en patroon met Mediterreense teëls.

2. Weet jy hoeveel potensiaal is daar om ‘n swembad op te styl? Plante, meubels, nuwe klipteëls, ‘n houtdek…

3. Selfs die kleinste tuintjie kan splinternuut lyk met kleurvolle blomme en plante.

4. Wat van ‘n rustieke houtbankie vir daardie naweek kuiers?

5. As jy die spasie (en die begroting) het, stel ons voor jy gaan groot met ‘n buite kombuis / kuier area.

6. Hierdie braai met sy klipmure trek beslis aandag vir die regte redes.

7. Vervang daardie ou stoepteëls met ‘n splinternuwe houtdek.

Ph con Parra, Pop Arq Pop Arq Jardines de estilo minimalista

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista